Netbal

Netbal Passie

Jaarliks vaar ons netbalspanne baie goed en ons is trots om te sê dat ons op ontwikkeling en deelname fokus.
Senior-Netbal
Alle dogters o/10  – 0/13  speel en neem deel aan ligawedstryde.

Elke ouderdomsgroep het drie bekwame afrigters.
Ligawedstryde vind gedurende die tweede kwartaal plaas.
Die skool bied ook ‘n geleentheid vir ontwikkeling aan, in die vorm van ‘n netbalkliniek. Vir alle dogters vanaf o/10 – 0/13.
Ons het die jaar ook aan Curro Hazeldean se aandreeks deelgeneem en baie sukses behaal.
Jaarliks vaar ons netbalspanne baie
goed en ons is trots om te sê dat ons op ontwikkeling en deelname fokus.
Dit skep die geleentheid dat elke dogter wat betrokke wil raak by Osie-Netbal die geleentheid het om dit wel te kan doen.
Ons nooi elke Osie uit om deel te word van Osie-netbal.

MINI-NETBAL

Dogters vanaf O/7 tot O/9 speel Mini-netbal.
Hier leer hulle die basiese vaardighede aan en gebruik dit dan in vriendskaplike wedstryde.
Hulle roteer en kry kans om in elke posisie te speel.
Die dogters vanaf 0/8 en 0/9 neem deel aan mini-NETBAL feestoernooie.
Daar is vier feestoernooie en twee mininetbaldae wat plaasvind. 

Dogters van Gr. RR en R kry geleentheid om deur die loop van die jaar betrokke te raak by NSD (Netball skills & development).

Dis ‘n weeklikse netbalkliniek wat speelsters die basiese vaardighede van die spel leer.