Rugby

Respek

Pretoria-Oos lewer dikwels verrassings en is altyd ‘n krag om mee rekening te hou deur van die groter skole te klop
LIGA SPANNE
O/9, O/10, O/11, O/13B en O/13A

Hierdie spanne neem deel in ligawedstryde asook verskeie vriendskaplike rugbydae, ens.

Die O/11 en O/13A rugbyspanne toer jaarliks na Volksrust vir ‘n onvergeetlike rugbyweek.
Pretoria-Oos lewer dikwels verrassings en is altyd ‘n krag om mee rekening te hou deur van die groter skole te klop.
Afrigting deur onderwysers en ouers en word aangevul deur gekwalifiseerde studente.
Ons spanne wen baie gereeld hulle onderskeie ligas en ons presteer ook goed in Bondedae.
Osies lewer ook gereeld Bloubul  Cravenweek spelers op.
Verskeie spanne word jaarliks aangewys as Bloubul Ligawenners
BULLETJIERUGBY

Alle Gr R, Gr 1 en Gr 2 seuns kry die geleentheid om aan Bulletjierugby deel te neem.
Dit is hul bekendstelling aan die spel met net ‘n paar basiese reëls.
Bulletjierugby word deur die ouers georganiseer en afgerig.
Oefentye is gewoonlik na 17:00 in die middag of soos deur die ouers bepaal.
Die seisoen begin aan die einde van die eerste kwartaal en strek oor die volle tweede kwartaal.
Die hoogtepunt is die jaarlikse Bulletjiedag op Loftus Versfeld.
Die Bulletjies speel “rip” rugby, m.a.w geen kontak nie, sodat die basiese vaardighede vasgelê word.