Swem
Waterveiligheid
Ons beskik oor ‘n pragtige 23,15 meter swembad met verhitting
Dis vir ons baie belangrik dat elke Osie water-veilig is, daarom beskik ons oor ‘n privaatafrigter (Annette Ross) wat in groepsverband aan alle Gr.1 en 2 leerders swemlesse tydens LO periodes aanbied.
Swem word in die eerste en vierde kwartaal beoefen by die skool.
Tydens ons jaarlikse huisgala het ongeveer 100 passievolle Gr.1,2 en 3 leerders deelgeneem. Ons beskik oor ‘n pragtige 23,15 meter swembad met verhitting.
Daar vind professionele privaatlesse na skool vir stylverbetering en fiksheid plaas, wat weer diepte in die skoolswemspan bring.
Die skoolswemspan oefen twee keer weekliks tydens kwartaal 1 en 4 onder leiding van tannie Annette.
Behalwe vir enkele vriendskaplike galas, asook “FRIENDLY FRIDAYS” neem Laerskool Pretoria-Oos aan ‘n wyksbyeenkomste deel waar swemmers kan kwalifiseer vir verdere deelname aan Distriks- en Provinsiale spanne.
Ons skool het ook verskeie swemmers opgelewer vir die Gauteng-span asook SA lewensreddingspanne.
Privaatafrigter (Annette Ross)
Annette is reeds vir die afgelope 15 jaar ‘n swemafrigter en is geregistreerd by Nood-Gauteng asook SA Swem-Unie. Sy is ook ‘n gekwalifiseerde assessor en fasiliteerder vir Noord-Gauteng, asook SA Swem-Unies.